Atletiek / Athletics

 

ALGEMEEN

Sommige mense sê 'n mens kan niks uit statistieke leer nie.  Laat dit dan so wees, maar dit is tog interessant (lekker gewis!) om na die laaste 15 jaar se atleetdeelname syfers te loer.

Sedert 2000 neem 196 atlete van Laerskool Darling aan die Wes-Boland byeenkomste deel.  Van hierdie groep ding 59 mee om provinsiale kleure en 7 verdien hul Boland kleure om aan SA's en later Wes-Kaap byeenkomste deel te neem.

2015 se Boland byeenkomste lê nog voor met hierdie skrywe.

Baie dankie aan elke atleet, afrigter en ouer vir die toewyding, opoffering en lojaliteit teenoor ons skool om atletiek op hierdie vlak te bedryf vir soveel jare.

Help ons om ons rekords op datum te bring.  Volgens ons rekords het die volgende atlete provinsiale kleure en hoër meriete behaal in atletiek:

  • Marjalize Kirsten
  • Pieter Rossouw
  • Marius van Heerden
  • Johan Kellerman
  • Juanita Hougaard
  • Charlotte Basson
  • Jacques Lewis (Cheeta)
  • Melissa Russouw
  • Jemeel Warnick
  • Ughen Lewis
  • Monica Loubser
  • Lucrisa Barends
  • JayCee Kotze 

 

Stuur gerus vir ons 'n epos as u kan help om ons rekords op te dateer.